Van Vrydag, 23 September tot Sondag, 25 September 2022 gaan Magaliesburg behoorlik fees vier! En alle grootboere, naweekboere, dorpsjapies  en ander feesliefhebbers word genooi om saam met op Die Krip Landboufees die lente en die lewe te kom vier.

“Kom verlustig jou in die wonder van die natuur onder groot bome en op groen grasperke, kom smul aan heerlike tradisionele kerkbasaar-soort-kos soos pannekoek, vetkoek, biltong en ander lekkernye, kom snuffel by die talle stalletjies met handgemaakte produkte, en kom luister na insiggewende praatjies oor die boerdery, politiek en kry jou kop reg vir die res van die jaar.” So sê Neil Dry, feesorganiseerder, groot kommersiële boer en eienaar van die Nieman Varkstoet in Magaliesburg.

Volgens Dry gaan die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Jay, Karlien van Jaarsveld en Ruhan du Toit die Vrydagaand optree en die Saterdagaand sal daar ‘n behoorlike opskop – dink lekker sokkie – vir jonk en oud gehou word.

“Die Krip Landboufees is ‘n ware gemeenskapsprojek. Talle besighede in die omgewing het saamgespan en besluit om Magaliesburg weer op die ‘kaart’ te plaas en voorop in mense se gedagtes te bring as ‘n pragtige plek met interessante besighede vir ‘n dag- of naweekbesoek. Op Die Krip Landboufees gaan jy kennis maak met Black Horse Brewery, waar jy kan gin proe, Bambini, waar jy aan roomys kan smul, John Deere, wat hul trekkers en van die beste plaasimplemente nou hier by ons al die pad van die buiteland gaan demonstreer.”

Sondag word die fees afgesluit met ‘n kerkdiens onder die bome. “Ons wil graag mense van heinde en verre uitnooi om ons en ons gemeenskap te kom ondersteun. Dit beloof om ‘n fees ter feeste te wees en natuurlik die heel beste manier en plek om Braaidag te vier,” sluit Dry af.

Kunstenaars


Jay
Jay
Karlien van Jaarsveld
Karlien van Jaarsveld
Ruhan du Toit
Ruhan du Toit
Hugh Lynn
Hugh Lynn
Franna
Franna
Piet Smit
Piet Smit

Sprekers


Gerhard Schutte
Gerhard Schutte
(RPO)
Philipp Horsch
Philipp Horsch
(Horsch Implemente)
Corné Louw
Corné Louw
(GraanSA)
Theo Venter
Theo Venter
(Politieke en Beleidspesialis)
Dr Gustav Gous
Dr Gustav Gous (Motiveringspreker)

Uitstallers


en nog vele meer…