Landboufees 2023

Van Vrydag, 25 Augustus tot Sondag, 27 Augustus 2023 gaan Magaliesburg behoorlik fees vier! En alle grootboere, naweekboere, dorpsjapies  en ander feesliefhebbers word genooi om saam met Die Krip Landboufees en Magalies rocks the Cradle (MrtC) die lente en die lewe te kom vier.

“Kom verlustig jou in die wonder van die natuur onder groot bome en op groen grasperke, kom smul aan heerlike tradisionele feeskos soos pannekoek, vetkoek, biltong en ander lekkernye, kom snuffel by die talle stalletjies met handgemaakte produkte, en kom luister na insiggewende praatjies oor die boerdery, politiek en kry jou kop reg vir die res van die jaar.” So sê Neil Dry, feesorganiseerder, groot kommersiële boer en eienaar van die Nieman Varkstoet in Magaliesburg.

Volgens Dry gaan die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Tanya V en Eugene Nel die Saterdag optree. Daar is ook ‘n vroue program met ‘n kosdemonstrasie deur sjef Riëtte Strydom, asook Susan Coetzer se vertoning “Koeke en Terte”.

By Die Krip Landboufees gaan jy kennis maak met Black Horse Brewery, waar jy kan gin proe, Jakkalsvlei wyne, waar jy ‘n verskiedenheid van hul top gehalte wyne kan proe, John Deere, wat hul trekkers en van die beste plaasimplemente gaan demonstreer.

Dit beloof om ‘n fees ter feeste te wees,” sluit Dry af.

Kunstenaars


Steve Hofmeyr
Jakkie Louw
Tanya V
Eugene Nel
Franna
MC: Franna
Komediant – Doringdraad
MC: Danielle Steynvaardt
Susan Coetzer
Sjef Riëtte Strydom
Leon Graham

Sprekers


Jan Joubert – Lionel’s Vet
Theo Venter
Prof Theo Venter
(Politieke en Beleidspesialis)
Dr Theo de Jager – SAAI

Borge