Sluit by ons aan vir ’n naweek vol pret, kuier en plattelandse gasvryheid by die 5de bestaansjaar van Die Krip Landboufees 2026! Die fees vind plaas van Vrydag 4 September tot Saterdag 5 September 2026 by Die Krip, slegs 12 km buite Magaliesburg op die R509 in die rigting van Derby en Koster.

Hierdie geliefde jaarlikse geleentheid vier die ryk landbou-erfenis van die streek en bring iets besonders vir die hele gesin. Besoekers kan uitsien na boeiende landbou-uitstallings, ‘n insiggewende landboupaneelbespreking onder leiding van Lourensa Eckard, saam met Minister van Landbou Willie Aucamp, Theo Venter, Roland Henwood en Dr Johnny van der Merwe, waar belangrike landbou-, ekonomiese en bedryfsake bespreek word, asook topvermaak met optredes deur gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Leon Graham, Nicholis Louw, Spoegwolf, Appel, Marko LeRoux en Christiaan Carstens.
Moenie die musikale komedie “Lappoppe” met Je-ani Swiegelaar en Marlee van der Merwe misloop nie. Hulle gaan jou laat giggel en lag uit jou maag!
Geniet trekkerdemonstrasies, ’n wye verskeidenheid kosstalletjies, unieke handgemaakte produkte en opwindende aktiwiteite soos die bergfiets-wedren en pretdrafkompetisie, aangebied deur Leverage Corporation. Dit alles sorg vir ’n feeservaring wat groot én klein lank sal onthou.
Of jy nou kom vir die landbou, die musiek, die uitstallings, die kos of net om saam met familie en vriende te kuier – Die Krip Landboufees 2026 bied iets vir elkeen.
Moenie hierdie spesiale viering van kultuur, gemeenskap en landbou in die hart van Magaliesburg misloop nie. Bespreek jou kaartjies nou en kom maak saam herinneringe by Die Krip Landboufees 2026!
Kunstenaars








Sprekers





Borge











