Landboufees

Van Vrydag, 23 Augustus tot Saterdag, 24 Augustus 2024 gaan Magaliesburg behoorlik fees vier! En alle grootboere, naweekboere, dorpsjapies  en ander feesliefhebbers word genooi om saam met Die Krip Landboufees en Magalies rocks the Cradle (MrtC) die lente en die lewe te kom vier.

“Kom verlustig jou in die wonder van die natuur onder groot bome en op groen grasperke, kom smul aan heerlike tradisionele feeskos soos pannekoek, vetkoek, biltong en ander lekkernye, kom snuffel by die talle stalletjies met handgemaakte produkte, en kom luister na insiggewende praatjies oor die boerdery, politiek en kry jou kop reg vir die res van die jaar.” So sê Neil Dry, feesorganiseerder, groot kommersiële boer en eienaar van die Niemen Varkstoet in Magaliesburg.

Volgens Dry gaan die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Bok van Blerk, Bernice West en Gerhard Steyn die Saterdag optree. Daar is ook ‘n vroue program met Amore Bekker as spreker, asook ‘n demonstrasie deur Willie Strauss onder andere.

Dit beloof om ‘n fees ter feeste te wees,” sluit Dry af.

Kunstenaars


Bok van Blerk
Bernice West
Gerhard Steyn
Kosie Beukes
Amore Bekker
Willie Strauss
Danielle Steynvaardt

Sprekers


Christiaan Vercueil
Dr Thomas Volker

Borge