Landboufees

Sluit by ons aan vir ’n naweek vol pret, kuier en plattelandse gasvryheid by Die Krip Landboufees 2026! Die fees vind plaas van Vrydag 4 September tot Saterdag 5 September 2026 by Die Krip, slegs 12 km buite Magaliesburg op die R509 in die rigting van Derby en Koster.

Hierdie geliefde jaarlikse geleentheid vier die ryk landbou-erfenis van die streek en bring iets besonders vir die hele gesin. Besoekers kan uitsien na boeiende landbou-uitstallings, insiggewende praatjies deur kundiges in die bedryf, asook topvermaak met optredes deur gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Appel en Spoegwolf.

Moenie die musikale komedie “Lappoppe” met Je-ani Swiegelaar en Marlee van der Merwe misloop nie. Hulle gaan jou laat giggel en lag uit jou maag!

Geniet trekkerdemonstrasies, ’n wye verskeidenheid kosstalletjies, unieke handgemaakte produkte en opwindende aktiwiteite soos die bergfiets-wedren en pretdrafkompetisie, aangebied deur Leverage Corporation. Dit alles sorg vir ’n feeservaring wat groot én klein lank sal onthou.

Moenie hierdie spesiale viering van kultuur, gemeenskap en landbou in die hart van Magaliesburg misloop nie. Bespreek jou kaartjies nou en kom maak saam herinneringe by Die Krip Landboufees 2026!

Kunstenaars


Leon Graham
Nicholis Louw
Spoegwolf
Appel
Marko Le Roux
Christiaan Carstens
Je-ani Swiegelaar 
Marlee van der Merwe

Sprekers


Theo Venter
Roland Henwood
Lourensa Eckard
Dr Johnny van der Merwe

Borge